OVK Groep Lojaliteitskema

Lees Meer Oor Ons Groep Lojaliteitskema

Lojaliteitskema - waar jou geld groei

Doel:

Die doel van OVK se innoverende lojaliteitskema is om produsente te beloon vir hul lojale ondersteuning. Dit word gedoen deur ’n lojaliteitsvoordeel wat omgeskakel word in OVK-aandele met verskeie voordele oor die langtermyn.


Hoe werk dit?

  • Sleg bona fide boere ontvang maandeliks ’n lojaliteitsvoordeel op die bruto wins bedrag van hul besigheid met OVK gedoen.
  • U aandeelhouerslening (Leningsrekening A) word met hierdie voordeel gekrediteer.
  • Die geld in Leningsrekening A, word maandeliks aangewend om OVK Beherend- en/of OVK-Bedryfsaandele namens u aan te koop.
  • Binne drie maande vandat die lojaliteitsvoordeel u toegeval het, word hierdie bedrag omgeskakel in OVK-aandele.


Wat maak die skema uniek?

  • Kliënte verkry hierdeur eienaarskap in OVK. Daar rus geen verpligting op kliënte om die aandele te behou nie, en hierdie aandele kan onmiddellik verhandel word;
  • ‘n Aanbod om aandele te koop/verkoop kan elektronies op die OVK webtuiste www.ovk.co.za geplaas word;
  • Indien u nie toegang tot internet het nie, kan u Maandag tot Vrydag, 08:00 - 17:00, die landlyn 051 923 4516 skakel, waar u van die nodige hulp voorsien sal word.


Voordele

  • U, as ’n bona fide-boer, ontvang ’n lojaliteitsvoordeel op aankope en produklewerings, insluitend onder andere Graan en Vesel.
  • Die geldwaarde ten opsigte van u lojaliteitsvoordeel word maandeliks aan u toegeken en verskyn elke maand op u staat.
  • U verkry ook ‘n voordeel wanneer die aandeel groei in waarde met gepaardgaande sekuriteitswaarde.
  • U ontvang ook dividende op u aandele wat u op jaareinde besit, indien ‘n dividend verklaar word.


Navrae

Kontak gerus ons Klantediens op 051 923 4598 of klantediens@ovk.co.za vir verdere navrae.